Top-tien - Toppresteerder

Elke kwartaal word vanaf Gr. 4-7 erkenning gegee aan die toppresteerders in daardie kwartaal deur die top tien in elke graad aan te kondig.

Wetenskap Ekspo

Leerders in graad 7 neem deel aan die Ekspo vir jong wetenskaplikes. Leerders kies enige onderwerp in die wetenskappe of tegnologie. Onderwerpe wat aktueel is of nuwe inligting in die wetenskappe, word verkies. ‘n Model of eksperimente word gedoen in verband met die onderwerp en geskrewe inligting verduidelik die volledige projek. Wetenskaplike data-tabelle en grafieke word gebruik om by resultate uit te kom. Alle projekte word in die skoolsaal uitgestal en die beste 5 projekte word gestuur na die Noord-Gauteng Streeks-ekspo.

Amesa

Amesa is ‘n jaarlikse Wiskunde-kompetisie tussen skole. Die leerders mag individueel of in pare deelneem. Deelname is gratis. Die leerders wat 60% en meer behaal kan dan aan die tweede rondte deelneem. Vorige jare se vraestelle en memorandums is verkrygbaar by http://www.amesa.org.za/Challenge

Markdag

As deel van EBW moet alle graad 7-leerders hul Entrepreneursvaardighede op hierdie dag kom bewys.

Rekenaarsentrum

Programme:

Microsoft Office, KDA Wetenskap, KDA Wiskunde, Kids CD, Tux Typing, Tux Drawing, Tux Paint, Sebran, Drawing for children, 123 Slim, en Scratch Junior.

Grondslagfase - Gr 1-3

Die Grondslagfase bied 6 vakke aan:
– Afrikaans Huistaal
– Engels Eerste addisionele taal
– Wiskunde
– Lewensvaardighede (KDA)
– Rekenaars/Robotics
– Musiek

Intermediêre fase - Gr 4-6

Die Intermediêre fase bied 6 vakke aan:
– Afrikaans Huistaal
– Engels Eerste Addisionele Taal
– Wiskunde
– Natuurwetenskappe en Tegnologie
– Sosiale Wetenskappe
– Lewensvaardighede:
Skeppende kunste, PSW, Liggaamlike opvoeding (KDA)

Seniorfase - Gr 7

Die Seniorfase bied 9 vakke aan:
– Afrikaans Huistaal
– Engels Eerste Addisionele Taal
– Wiskunde
– Natuurwetenskappe
– Tegnologie
– Ekonomiese- en Bestuurswetenskappe
– Skeppende kunste
– Lewensoriëntering
– Liggaamlike opvoeding (KDA)