Gallie Goggas

Groeiende Gallie Goggas

Ons skool is gestig in 1999 met slegs 2 klasse. Tans bestaan die Gallie Goggas uit 5 klasse nl. Miere, Bye, Vlinders, Kewers en Vuurvliegies.

Ons werk volgens die voorgeskrewe kurrikulum, met ‘n spesifieke dagprogram wat al drie vakke; Huistaal, Wiskunde en Lewensvaardigheid insluit. Ons onderrig vind informeel tog gestruktureerd plaas deur middel van ontdekking en spel. Intense beplanning word gedoen om alle uitkomste van elke kleuter se ontwikkeling te bewerkstellig. Graad R is die belangrikste fase in die kind se ontwikkeling en is die gereedmaking vir die formele skoolloopbaan wat voorlê, en ons pragtige terrein maak voorsiening daarvoor.

By ons streef ons daarna om elke kleuter holisties te ontwikkel met die klem op deelname aan verskillende aktiwiteite. Op kultuurgebied neem ons kleuters deel aan Eistedfodd, Pretoria Kunstefees, die skool se revue, kleuterkonsert en diplomaplegtigheid. Ons is ook baie trots op ons Vioolspinnekop koor.

Op sportgebied kry die kleuters bloodstelling aan aktiwiteite soos krieket, rugby, netbal, perdry, tennis en atletiek. Ons is baie trots op ons jaarlikse kleuteratletiek wat elke jaar in Februarie plaasvind. Verskeie kleuterskole word genooi om deel te neem aan naellope, hekkies, gewigstoot, hoogspring sowel as verspring.

Hier by die Gallie Goggas is elke Gogga belangrik en word alles gedoen in die beste belang van elke kleuter se ontwikkeling en groei.

Gallie Goggas is ‘n skool waar elke kleuter wil wees!!!