Naskool
Gallie Naskool Sentrum
Die Gallie naskool is ‘n opwindende naskool wat versorging bied aan elke naskool leerder buite skoolure. Die leerders word geleenthede gebied tot studie, sport en ontspanning.
‘n Christelike waardestelsel lê die grondslag van alles wat ons doen. Die naskool personeel se prioriteits-lys sluit in:
- Veilige toesig
- Huiswerk begeleiding
- Sosiale vaardighede en ontwikkeling van waardes
- Gestruktureerde program
Gesonde middagetes, koeldrank en peusel-bederwe word aan elke leerder voorsien. Vakansieprogramme is kreatief, kompeterend en opvoedkundig van aard.
Die Gallie naskool is meer as net ‘n toesigprogram. Hier kan kinders ontspan, leer en speel terwyl ouers met gemoedsrus hul eie dagtake kan voltooi.
Vir enige navrae, kontak Aloizé Richardson by 076 158 7809

